Tafeltennis op Vanrhynsdorp

Die Vanrhynsdorp se tafeltennis-klub is vandeesweek besig om die spelers voor te berei vir Weskus-tafeltennis se skoleproewe wat op Saterdag, 29 Julie gaan plaasvind. Die spelers van die klub gaan ook die eerste naweek in Augustus aan die top Weskus-skoleproewe op Belhar deelneem.

Volgens Denvan Bocks, stigter van die klub, beplan die lede van die klub ook ’n spesiale “breaking down barriers” tafeltennistoernooi vir Mandela-dag. Dié toernooi gaan ook van vanjaar elke jaar op Mandela-dag plaasvind. Die klub is opgewonde om aan te kondig dat die spelers vir ’n week in Desember na Pretoria gaan reis om aan die top nasionale skole-kampioenskap deel te neem.

Vanrhynsdorp se tafeltennis-klub het volgens Bocks vir die afgelope drie jaar spelers gehad wat na Pretoria gereis het.

“Die spelers het nog altyd goed gevaar en ook medaljes huis toe gebring. Die klub het al soveel bereik in die kort bestaan van vyf jaar,” sê Bocks.

As jy by die klub wil aansluit of vir meer inligting oor hul spesiale toernooi op Mandela-dag, kan jy die klub skakel by 027 219 2031, 074 944 5855 of 084 906 5387.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?