Sundowner op Lutzville-gholfbaan

Die Lutzville-gholfklub het pas ’n nuwe byeenkoms aangekondig, die Sundowner, wat elke Vrydagmiddag om 15:30 plaasvind.

Hierdie Sundowner is ’n baie sosiale soort spel. Daar is geen wenners of pryse nie – dit is bloot vir pret en natuurlik om almal se vorm op datum te hou. By dié byeenkomste word daar betterball gespeel, wat beteken dat daar spanne van twee is. Elke speler van die span kry sy/haar kans om hul houe te speel, met die verskil dat hulle van hul beste hou kan verder speel.

Die inskrywingsfooi van die Sundowner is vir gholfklublede die eenmalige bedrag van R600, waarna jy gratis speel. Nie-lede moet die gewone fooi van R50 vir ’n rondte betaal. Ons is baie beïndruk met die goeie natuur waarin hierdie byeenkoms elke Vrydag gehou gaan word. Sterkte aan julle by die Lutzville-gholfklub.

Bron : Oubaas Kersop, lid van Lutzville-gholfklub.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?