Studiekursus vir graad 7

Graad 7-leerders in die Matzikama-streek kan aansluit by die Tina Cowley-leessentrum op Vredendal vir die 3-dag kursus in studiemetodes.

Die datums vir die kursus is as volg:

  • Dinsdag, 31 Oktober van 16:00 tot 18:00
  • Donderdag, 2 November van 16:30 tot 18:30
  • Saterdag, 4 November van 08:30 tot 11:00

Volgens Engela Adriaanse, leesterapeut by die Tina Cowley-leessentrum, is die kursus spesiaal vir graad 7-leerders.

Leerders gaan die volgende by die kursus leer en ontvang:

  • Hoe om te studeer.
  • Hoe om te beplan.
  • Hoe om makliker te onthou.
  • ’n Breinprofiel van prof. Kobus Neethling met jou breindominasie.
  • ’n Studie-CD wat jy kan gebruik om mee te studeer.

“Breinprofiel word tuis gebruik, dit duur ongeveer 30 minute – die volledige instruksies sal aangestuur word sodra die deposito ontvang is,” sê Adriaanse.

Die deposito vir die kursus beloop R600 en R400 by die aanvang van die kursus. Daar is slegs plek vir 10 leerders. Vir meer inligting oor die kursus kontak Engela Adriaanse by 082 865 1091.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?