Strandfontein se branders

Soms wil mens wegbreek, êrens gaan en net lekker afskakel en ontspan. Strandfontein is die perfekte plek hiervoor.

 

Die pragtige branders wat in die vroeë oggendure oor die rotse breek met ’n koel seebries en wind wat saggies tussen die huise suis. Daar is huise wat jy net van kan droom – huise met ’n see-uitsig wat jou na jou asem sal laat snak.

Strandfontein is baie bekend vir die Perdehoef-kampplek, waar die tente op verskillende hoogtes in die vorm van ’n perdeskoen staan. Daar is tot ’n waterglybaan waar kinders met ouertoesig kan baljaar.

Dié kusdorp is bekoorlik en ’n besliste bestemming vir besoekers en toeriste aan die Matzikama-omgewing.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?