Sterk mededinging by sone-atletiek

Laerskool Vredendal het Saterdag hul sone-atletiek-byeenkoms op die skool se sportterrein gehad. Daar was talle ondersteuners en deelnemers. Die atlete het hul bes gelewer om deur te dring na die volgende rondte. Jurgens Venter, wat eerste by die kleure-atletiek gekom het in die 1400 meter, het vierde by die sone-atletiek gekom. Daar was sterk mededinging maar almal het hul beste gelewer. Baie geluk aan die leerders wat deurdring na die volgende rondte.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?