Stem vir die see op Paasfees

Dit is Paasnaweek en as jy vandag by die huis is en wonder wat om te doen, het ons net die oplossing vir jou. Pak ’n piekniekmandjie vir jou en die gesin of vriende en gaan geniet ’n heerlike dag by die see.

Dit kan by Strandfontein, Lambertsbaai of Doornbaai wees, of waarheen jy verkies om te gaan as jy by die see wil wees. Bou ’n sandkasteel saam jou kinders en steek ’n Paaseier daarin weg wanneer hulle nie kyk nie. As jy saam vriende gaan, kan jy dit interessant maak met lekker verversings. Dit is die perfekte geleentheid om see toe te gaan en die dag saam met geliefdes te geniet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?