STELLA stel Hoop in Liefde se akoestiese video bekend!

STELLA se debuut solo-album, Nuwe Môre, lewer konstant hoenderveismooi kontemporêre snitte. Die album is ook beskikbaar op JOOX vir stroming. Hoop in Liefde is een van hierdie pragtige snitte en is gedurende in Augustus vanjaar aan radiostasies landwyd uitgereik. Die akoestiese musiekvideo van hierdie lied is vandag uitgereik.

Kyk die video hier:

http://www.youtube.com/watch?v=H5Y8AVtaiVo

“Dit is my eerste Afrikaanse liefdeslied wat ek geskryf het. Die liedjie gaan oor ware liefde deur alle seisoene. Een van ons werkers op ons plaas, Vusi, het eenkeer ’n hoopvolle aanmerking gemaak oor die reën wat in (te) klein buie geval het. Hy het gesê – ‘bietjie maak meer’. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ons het daardie jaar ook ‘n baie goeie oes gehad! Ons kan so maklik voel dat dit wat ons kry te min is, maar ons vergeet die wyse woorde van Vusi. Liefde is dieselfde. Bietjie, bietjie maak meer. Al kry ons seer, dis die moeite werd om te gee. Daar is hoop in liefde,” sê Stella.

Dié talentvolle sangeres en liedjieskrywer is beslis geen nuweling in die musiekbedryf nie. Sy is deel van die gospelgroep, Duis:Lig, wat weer in 2016 ’n Ghoema-toekenning vir Beste Gospel Album gewen het.

Sosiale media skakels:
Facebook: https://www.facebook.com/StellaMusiek/
Twitter: @StellaCombrink
Instragram: @stellacombrink

JOOX is gepak met verskeie treffers en honderde speellyste vir elke bui. Die app bied ’n gratis sowel as ’n betaalde VIP-opsie, wat gebruikers in staat stel om musiek te stroom sonder om jou data te gebruik. Nóg ’n voordeel is drie verskillende stroom-kwaliteit-opsies wat gebruikers toelaat om hul data te beheer. Vir meer inligting besoek hul webtuiste by www.joox.co.za/ of volg hulle op sosiale media by @JOOXMusiek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?