Sportnuus van Laerskool Vredendal

In die derde skoolkwartaal vanjaar was die sportspanne van Laerskool Vredendal baie bedrywig en verskeie wedstryde is speel. Hier is die volgende sportnuus van Laerskool Vredendal:

Boland- & NWB rugbyspanne:

In die derde kwartaal het Laerskool Vredendal vyf NWB-spelers opgelewer, onderskeidelik in die o.12 NWB-span en in die 7’s NWB-span.

Volgens Hentis Burger, onderwyser by Laerskool Vredendal, is Tokkie de Waal in die o.12 NWB-span opgeneem en Lambrecht Cornellisen, Derrick van der Westhuizen, Dermonté Marero en Wayd Olivier is in die 7’s span opgeneem.

“Baie geluk aan die spelers met hierdie pragtige prestasie. Dankie dat julle Laerskool Vredendal se naam so hoog hou,” sê Burger.

Burger voeg ook by dat Laerskool Vredendal ʼn spesiale dank toon aan die volgende afrigters/skeidsregters wat die skool gedurende die seisoen gehelp afrig het: Edwin de Jongh, Christo du Preez, Leon Lesch, Jaco Lesch, Jaco Steenkamp, Willy Abrahams, Tony Linde, Niel Koegelenberg, Renier van Greunen en Vlam Taljaart.  

“Sonder julle sal die taak soveel moeiliker gewees het. Baie dankie ook aan Anina Nortier Balie wat altyd bereid is om tydens sportdae met noodhulp te help. Ons waardeer dit opreg. Baie dankie ook aan al ons ouers en borge wat ons ondersteun gedurende die seisoen. Julle bydrae word hoog op prys gestel,” sê Burger

Laaste, maar nie die minste nie. ʼn Groot dankie aan ons Hemelse Vader vir elke kind se talent en dat U ons van enige ernstige beserings bewaar het en veilig op die pad gehou het, voeg Burger by.

Netbal – 3de kwartaal:

Die 2017-netbalseisoen was vanjaar weer eens vol hoogtepunte en puik prestasies waarop die dogters voorwaar trots kan wees.

Ligawedstryde:

Ligawedstryde teen Sederberg, Augsburg, Calvinia en Lutzville is gespeel waar die skool se spanne baie goed vaar. Die leerders het ook vriendskaplike wedstryde teen Piketberg, Klawer en Vredendal-Noord Primêr gespeel. Wedstryde vir die B en C-spanne is ook gereël om hulle die geleentheid te gee om mededingend deel te neem.

Provinsiale spelers:

Na afloop van die o.11 streeksproewe, het sewe o.11’s aan die Weskus o.11-proewe deelgeneem. Tydens die Sone-proewe word elf o.12- en 13-spelers genooi om aan die Weskus-Noord proewe deel te neem. Nege spelers word opgeneem in die Weskus-Noord spanne wat aan die Weskus proewe op Clanwilliam deelgeneem het. Twee o.12’s en drie o.13’s word in die Weskusspanne opgeneem wat aan die Interdistriktoernooi op Wellington gedurende die Julie-vakansie deelgeneem het. Hulle is: o.12, Tianna Coetzee en Bea du Toit, asook o.13’s, Jana Vollgraaff, Suné Meyer en Anri Coetzee.

Netbaldae, toere en vriendskaplike wedstryde:

Die onder 12A- en 13A- en B-spanne het na Ceres gereis om daar aan Laerskool Gericke se sportdag deel te neem. Hier het hulle onderskeidelik teen spanne soos Koue Bokkeveld, Worcester-Oos, Laerskool Stellenbosch, Robertson en Worcester Primêr gespeel. Die spelers het besonder goed gevaar en het waardevolle ondervinding opgedoen waarmee hulle die seisoen kon afskop.

Tydens die jaarlikse toer van die o.13-spanne na die Suid-Kaap het hulle 3 wedstryde gespeel –  teen Wesbank (Oudtshoorn), Worcester-Oos en Dirkie Uys (Moorreesburg).

Marlene Engelbrecht, onderwyser by Laerskool Vredendal, voeg by dat die spanne ook weer die geleentheid kry om teen die Hoërskool teen Piketberg mee te ding. Al die laerskoolspanne vaar vanjaar baie goed op die gronde van Hoërskool Piketberg.

“Ons junior sportdag is vanjaar vir die 10de agtereenvolgende jaar aangebied. Al ons junior spannetjies – van o.7 tot o.10 – het die geleentheid gekry om aan hierdie genotvolle dag deel te neem. Meer as 300 kinders van skole in ons omgewing het aan die dag deelgeneem en dit was beslis een van die groot hoogtepunte op ons jaarlikse sport-kalender,” sê Engelbrecht.

Interskole:

Die jaarlikse Interskole is vanjaar op tuisgrond aangebied. Die netbalspanne het uitstekend gevaar en het slegs een wedstryd verloor.

“Aan al die netbal-ouers van Laerskool Vredendal ʼn besonderse woord van dank vir julle ondersteuning en betrokkenheid gedurende die seisoen. Almal se getroue ondersteuning tydens wedstryde en ook die borge en donateurs wat hul hande diep in die sakke steek om die spanne finansieël te ondersteun,” sê Engelbrecht

Baie dankie ook aan elke speler vir ʼn baie suksesvolle seisoen. Julle is voorwaar ʼn besonderse klomp dogters. ʼn Spesiale woord van dank aan al ons afrigters en hulp-afrigters vir hul opofferings deur die jaar. Julle maak netbal by Laerskool Vredendal sommer baie spesiaal, voeg Engelbrecht by.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?