Vriendskaplike wedstryd die naweek vir Invincible RFC

Invincible RFC beplan om nog ’n vriendskaplike wedstryd vir eerskomende naweek te reël.

Hierdie wedstryd is ter voorbereiding van die Boland Noord-Weste-liga wat op 25 Maart begin. In die eerste paar wedstryde het Invincible RFC baie goed gelyk en hulle wedstryde gewen met groot verskille op die puntebord.

Dit is inderdaad goed om te sien dat hierdie rugbyklub al vroeg in die jaar voorberei, nie net deur te oefen nie maar om ’n paar wedstryde agter die rug te kry. Dit is dan makliker om aan die gang te kom as die ligawedstryde begin.

Baie sterkte aan julle, ons hoop hierdie naweek se wedstryde verloop baie goed en dat dit goeie gees sal bou.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?