Vredendal Sosiaal wen deur uitstekende kolfwerk

Die Lutzville Greenbats het Vredendal sosiaal verwelkom op die Lutzville sportgronde. Die wedsryd het om 18:00 begin en tussen 21:00 en 22:00 klaar gemaak.

Vredendal Sosiaal het eerste die kolfwerk aangevat en ‘n baie goeie werk daarmee gedoen. Hulle het in hulle 20 boulbeurte 192 lopies aangeteken met ‘n verlies van 2. Direk na dit het die Greenbats die kolf in die hand gevat en 175 lopies aangeteken met n verlies van 3.

Die reel sê elke kolwer mag net 20 lopies aanteken en moet na dit die veld verlaat, so die verlies wat gegee is van elke span tel net vir ‘n paaltjies wat fisies gevat was byvoorbeeld iemand wat uit geboul of uit gevang was. Ons wens die krieket spelers van die sosiale liga baie sterkte toe met die res van hulle seisoen, mag die beste span die liga wen!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?