Vredendal-rugbyklub maak reg vir opkomende seisoen

Vredendal-rugbyklub is besig om gereed te maak vir die eerste wedstryd van die seisoen. Hulle mik om groot te gaan op die rugbydag wat op 11 Maart plaasvind.

Die rugbyspan gaan vanaand ’n intense oefensessie in spanverband hê om die manne goed voor te berei vir die rugbydag op Vredendal se sportveld. Daar gaan heelwat spanne betrokke wees, naamlik: Vredendal, Nuwerus, Klawer se Rooibulle, Citrusdal, Rawsonville, Porterville en WP se dowe span.

Ons hoop jul voorbereiding gaan goed en dat julle ’n wonderlike begin sal hê vir julle nuwe seisoen!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?