Vredendal-rugbyklub gaan toer

Dis met groot opgewondenheid dat die Vredendal-rugbyklub aankondig dat hulle in April na Douglas gaan toer. Die klub het onlangs weer aan die gang gekom en beplan groot dinge noudat hulle weer deel van die liga gaan word.

Die toer vind plaas oor die naweek van die 7, 8 en 9 April. Vredendal speel op 7 April ’n vriendskaplike wedstryd teen Douglas. Die hoofdoel van die toer is om die span weer op sy voete te kry en om goeie gees binne te klub te handhaaf.

Om die gees nog verder te ontwikkel gaan die klub se manne op Saterdag 8 April op ’n bootvaart op die Vaalrivier. Daar gaan hulle bietjie rugbykennis, spelplan en die jaar se planne bespreek. En daar gaan nie net rugby gepraat word nie – die manne gaan ook die geleentheid gebruik om net lekker te gesels en mekaar goed te leer ken.

Dit is inderdaad goeie nuus dat die klub weer aan die gang is en groot planne het vir die toekoms. Definitief iets om op trots te wees.

Bron : Bernard Barnard. (Lid van Vredendal-rugbyklub)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?