Vineyards-krieketklub vergader

Die lede van Vineyards-krieketklub sal vanaand om 18:30 by die klubhuis op Vredendal-Noord  vergadering hou.

Volgens Llewellyn van der Lingen, afrigter van die span, sal die lede van die klub vanaand die jaarplan bespreek. Dié besprekings sal onder meer gaan oor die span se toerbyeenkomste waartydens hulle aan wedstryde gaan deelneem.  

“By een van die byeenkomste gaan die span gasheer speel vir ’n buiteklub en met die ander gaan Vineyards ’n wedstryd weg speel, maar meer inligting hieroor sal nog bekend gemaak word,” sê Van der Lingen.

Verder sê Van der Lingen ook die krieketliga begin amptelik in Oktober en met goeie beplanning en oefening sal hulle slaggereed wees vir die nuwe krieketseisoen.

Indien jy dalk wil aansluit by die klub kan jy Llewellyn van der Lingen kontak op 072 376 7186.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?