Vineyards Krieketklub goed op koers

Die Vineyards Krieketklub in Vredendal beplan om 2019  vir ’n 6 te slaan! Hulle speel Saterdag, 19 Januarie teen Hopefield Wanderers op die Vredendal-Suid Sportgronde. Die klub sien uit na Saterdag se wedstryd nadat hulle op 12 Januarie Moorreesburg se klub op hul eie tuisdorp verslaan het.

Die Vineyards Krieketklub het Saterdag in ’n onvoorspelbare reënbui teen die klub van Moorreesburg kompeteer. Die triestige weer het die wedstryd verkort na 20 boulbeurte per span. Vineyards het die lood gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Moorreesburg het 108 lopies tydens hul kolfbeurt aangeteken.

Die begin van Vineyards se kolfbeurt het stadig momentum opgebou toe Waylen Cloete uitgehaal is vir 7 lopies en Liam Thempson die kolfblad verlaat het na 27 lopies.  Moorreesburg was 51 lopies kort met slegs 36 balle, en dit is iets wat gedoen wil wees. Die span het dus nie verniet die lang afstand afgelê om stert tussen die bene terug huistoe te keer nie.

Maxwell Cloete het met sy ervaring die krieketblad betree  en koelkop gekolf en 43 lopies ingepalm – en hy was steeds nie uit nie. Sy spanmaat op die krieketblad, Denver Rooi, het 3 lopies aangeteken. Vineyards kolwers het nóg vyf punte aangeteken, en wen toe só die eerste wedstryd van die seisoen!

Moenie die vurige Vineyards Krieketklub se wedstryd teen Hopefield Wanderers op Saterdag misloop nie. Dit gaan een vir die boeke wees!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?