Vanrhynsdorp Eagles vs Klawer Excelsiors

Die liga begin eerskomende naweek en die Vanrhynsdorp Eagles en Klawer Excelsiors is oorgehaal vir die eerste wedstryd waar hulle mekaar gaan takel. Dit vind Saterdag by die Jan Opperman-stadion op Vanrhynsdorp plaas.

Die B-span begin omstreeks 14:45 speel en die A-span om 16:00. Gemoedere loop hoog op sosiale netwerke en die manne sien uit na die ontmoeting. Beide spanne het goed voorberei gedurende die aanloop na die liga, hulle het ook vriendskaplike wedstryde gespeel en kan nie wag vir die liga om reg af te skop nie. Toegangsfooi is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders. Verversings sal te koop wees.

Kom ondersteun jou span en deel saam die dag van stof, gras en pure plesier.

Bron: Vanrhynsdorp Eagles

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?