Vanrhynsdorp Eagles vlieg hoog

Op Saterdag, 11 Augustus, het Delicious RVK afgereis na Vanrhynsdorp om Eagles RVK, die manne bo-aan die punteleer, te pak.

Die eerstespan-wedstryd was kliphard gewees. Beide spanne het mekaar hard geduik en mekaar omgehardloop, maar albei spanne het skitterende rugby opgelewer.
Eagles het in die eerste helfte twee drieë gedruk en verdoel en Jaco Ockhuis van Delicious het die enigste drie in die eerste helfte gedruk. Eagles het meeste van die speelwerk gedoen. Die halftyd-telling was 14-5 in Eagles se guns. Die losskakel van die Eagles-span het ’n groot impak op die wedstryd gehad.

Die tweede helfte het baie drama opgelewer. Die Eagles-span het nog twee drieë gedruk. Jaco Ockhuis, vir Delicious, het ook twee drieë gedruk in die tweede helfte, Jacean Klaase verdoel een van die twee drieë en die telling was 27-17. Jaco Ockhuis slaag met ’n driekuns in die wedstryd. Eagles kry ’n strafskop en skop pale toe, dit mis die pale, Jaco Ockhuis kry die bal en hardloop deur Eagles se spelers en na ’n paar fases gaan druk Randall Oktober. Jacean Klaase verdoel die drie. Die wedstryd eindig met die telling 27-24 in Eagles se guns. 

Eagles se derde en tweede span het met oorwinnings weggestap. Eagles se derde span wen 34-0 en Eagles se tweede span wen 21-15. 

Die komende naweek op 18 Augustus kom Young Spurs (Doornbaai) besoek aflê in Zeekoeivlei.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?