Vanrhynsdorp Eagles seëvier

Op Saterdag, 29 Julie, het die Vanrhynsdorp Eagles na Algeria gereis om kragte te meet teen die Cederberg Leopards op Leopards se tuisbodem en die reis was beslis die moeite werd.

Vanrhynsdorp Eagles se A-span klop Cederberg Leopards met 80-28. Die puntemakers van Eagles: Drieë: Llewellyne Hahn (3), William Hahn (2), Anthony Linnert (2), Chris Ruiters, Nico Kotze, Dimitri Engelbrecht, Shawn-Lee Box en Neville Delport. Doelskoppe is oorgesit deur Anthony Linnert (3), Adrian Cloete (4), Llewellyne Hahn, Nico Kotze en Reagan Greeff.

Die B-span van die Eagles klop die Leopards met ’n telling van 59-19. Drieë: Neville Delport (2), Jean-Pierre Hahn (2), Dillyne Smith, Steven Kekana, Kenneth Smit, Tyrone Boks en Clinton Constance. Tyrone Boks het sewe doelskoppe oorgesit.

Volgens Ben Kotze, voorsitter van die Vanrhynsdorp Eagles is die A-span van Eagles tans tweede op die Boland Noord-Weste gemeenskapskild en die B-span is tans derde.

“Eagles berei ook hierdie week voor vir hul wedstryde teen Attackers van Graafwater op Saterdag, 5 Augustus, op Eagles se tuisbodem,” sê Kotze.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?