Vanrhynsdorp Eagles maak gereed vir Cederberg Leopards

Rugby-ondersteuners kan uitsien na ʼn dag van aksiebelaaide rugby as die Vanrhynsdorp Eagles op Saterdag, 29 Julie, na Algeria in die Cederberg-area gaan reis om kragte te meet teen die Cederberg Leopards.

Volgens Ben Kotze, voorsitter van Vanrhynsdorp Eagles rugbyklub is die Leopards ’n moeilike span om mee af te reken op sy tuisveld, maar die span is vasberade en oorgehaal om die wedstryde te wen. Hierdie wedstryde vorm deel van die Boland Noord-Weste Streekuitdaag en Gemeenskapskild.

“Die punte van die eerste vier posisies, veral die tweede, derde en vierde plek op die puntelys is baie beperk en ook baie belangrik vir die rugbyspanne in die Boland Noord-Weste liga, daarom kan ons nie bekostig om hierdie wedstryde te verloor nie,” sê Kotze.

Kotze voeg ook by dat indien die Vanrhynsdorp Eagles se A- en B-span hierdie Saterdag hul wedstryde wen, dit vir hulle ’n tweede plek in die gemeenskapskild sal verseker.

Die rugby-ondersteuners van beide Eagles en Leopards se toegangsfooie beloop R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Die B-span se wedstryd gaan om 14:45 afskop en die A-span sal om 16:00 begin.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?