Vanrhynsdorp Eagles klop Attackers

Vanrhynsdorp Eagles het op Saterdag, 6 Mei, kragte gemeet met die Attackers van Graafwater op Graafwater se sportterrein. Beide spanne van die Eagles het hierdie wedstryde gewen.

 

Die Eagles se A-span klop die Attackers met 32-13. Die puntemakers van die A-span: Drieë deur Llewellyne Hahn, Geraldo Coetzee, Anthony Linnert, Divanno Otto en Adrian Cloete. Cloete het ook twee doelskoppe oorgesit.

 

Die B-span van Eagles klop die Attackers-rugbyklub met 24-12. Baie geluk aan Eagles se A- en B-span met julle oorwinning en ook vir die goeie sportgees waarmee julle gespeel het.

 

Baie dankie ook aan die manne van Attackers wat gasheer gespeel het vir die Eagles.
Bron: Dimetri Engelbrecht, Vanrhynsdorp Eagles, regterflank

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?