Vanrhynsdorp Eagles bly onoorwonne

Op Saterdag, 19 Augustus, het die Vanrhynsdorp Eagles-rugbyspanne na Vredendal-Noord gereis om kragte te meet teen Invincible RVK op Invincible se tuisgrond, Jive Park, soos dit vir baie bekend staan. Die wedstryde was beslis die kyk werd.

Die A-span van Vanrhynsdorp Eagles het Invincble RVK met 34-30 geklop. Die puntemakers van Eagles was as volg: Drieë: William Hahn, Adrian Cloete, Tyrone Boks, Devano Otto en Godfrey Love. Anthony Linnert het gesorg vir drie doelskoppe en een strafskop. A-span puntemakers van Invincible RVK is onbekend.

Vanrhynsdorp Eagles se B-span het hul wedstryd teen Invincible RVK met 11-17 verloor: Drieë: Henrico Afrika. Twee strafdoele is oorgesit deur Joel Adams. Invincible RVK se B-span puntemakers is onbekend.

Volgens Bill Engelbrecht, sekretaris van Vanrhynsdorp Eagles-rugbyklub, is die A-span van Eagles tans tweede op die Boland Noord-Weste se gemeenskapskild-puntelys en is die manne deur na die top 12 wat op Saterdag, 2 September afskop.

“Die manne van Vanrhynsdorp Eagles sal op Saterdag, 26 Augustus, hul laaste wedstryde teen Marines van Lambertsbaai op Eagles se sportterrein speel, voor die top 12 wedstryde begin,” sê Engelbrecht.

Engelbrecht voeg ook by dat baie rugbytoeskouers hierdie wedstryde bygewoon het en dat die gees op die rugbyveld ook lekker was. Volgens Engelbrecht sal die tye en plekke van die top 12 wedstryde nog bekend gemaak word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?