Twee wedstryde in die week in sosiale krieketliga

Daar gaan môre twee sosiale krieketwedstryde gespeel word. Die liga is al ’n hele tydjie aan die gang en duur nog tot die 21ste. As alles volgens skedule plaasvind, is daar nog vyf wedstryde wat gespeel moet word voor die einde van die seisoen.

 

Môre se wedstryde gaan plaasvind as volg: Die Giants en die SAPD takel mekaar op Vredendal se sportterrein en Namaqua-wynkelder en die Matzikama-munisipaliteit gaan kragte meet.

 

Albei westryde begin om ses-uur. Gaan ondersteun die spanne gerus en mag die beste span wen!

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?