Tronox hou gholfdag

Eerskomende Saterdag vind daar ’n gholfdag plaas op Lutzville se gholfbaan, aangebied deur
Tronox Verskaffers.

Dit is ’n ‘preferred drive’ oor 18 putjies. Alle gholfspelers van die Lutzville-gholfklub asook werkers en verskaffers van Tronox gaan deelneem. Dit beloof om ’n dag propvol pret te wees. Daar sal in totaal 128 spelers meeding.

Afslaantyd is om 7:30 en 13:00, daar gaan twee rondtes wees om al die spelers te akkommodeer. Dit is net om te verseker dat niemand moet staan en wag by ’n afslaanpunt nie.

Al die geld wat op hierdie wyse ingesamel word, gaan aan skole in die Lutzville-omgewing. Dit is wonderlik dat almal wat gaan deelneem dit uit goedhartigheid gaan doen om skole te help.

Bron: Oubaas Kersop

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?