Trawalians speel gasheer vir Young Roslins

Eerskomende Saterdag, 15 Julie, speel Trawalians-rugbyklub gasheer vir Young Roslins van Ebenhaeser op Sigma buite Klawer se sportterrein.

Toegangsfooie vir die ondersteuners van die tuisspan asook die besoekende span is as volg: R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Die B-span gaan om 14:45 afskop en die A-span se wedstryd begin om 16:00.

Volgens Willy Abrahams, afrigter van Trawalians, kan ondersteuners uitsien na ’n dag vol aksiebelaaide rugby en verrassings.

“Ná Trawalians se nederlaag op Saterdag, 8 Julie, teen Aurora, hoop die manne om die wedstryde te wen,” sê Abrahams.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?