Trawalians se goeie rugbywedstryde hierdie naweek!

Op Saterdag, 8 April het Trawalians gasheer gespeel vir Citrusdal Villagers op Klawer-Noord se sportterrein. Beide A & B-spanne van Trawalians het hierdie wedstryde los hande gewen.

Die tellings is as volg: Trawalians A-span het Citrusdal Villagers met 40-17 gewen. Die A-span het drie agtereenvolgende wedstryde al gewen. Die B-span van Trawalians het Villagers met 19-10 geklop.

Baie geluk aan beide spanne van Trawalians-rugbyklub met die wen. Julle het elke rede om trots te wees op julself.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?