Trawalians se 2de rugbyliga-wedstryd

Eerskomende Saterdag is dit weer tyd vir Trawalians om hul rugbytoks af te stof vir nog ’n rugbywedstryd. Hierdie keer speel hulle teen Young Diggers van Paleisheuwel. Die wedstryde se tye is as volg: die B-span skop af om 14:45 en die A-span se wedstryd begin om 16:00. Trawalians vertrek Saterdagoggend om 11-uur van Klawer na Paleisheuwel. Almal gaan by die gemeenskap saal in Klawer-Noord opklim. Die vervoer beloop R10 vir kinders en R30 vir volwassenes. Alle spelers asook ondersteuners moet betyds daar wees.

Alle sterkte aan Trawalians vir Saterdag se wedstryde. Mag julle veilig reis en die wedstryde geniet.

Bron: Willy Abrahams, Trawalians-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?