Trawalians meet kragte teen Majestics

Rugbytoeskouers kan op Saterdag, 29 Julie ’n groot stryd verwag wanneer Trawalians, Klawer se rugbyspan na Citrusdal reis, waar hulle op die Citrusdal sportterrein teen die Majestics te staan kom.

Volgens Willy Abrahams, afrigter van die Trawalians-rugbyklub, is Majestics tans die voorloper in die Noordweste se liga vir die gemeenskap-skild en word hulle in 2018 na die Noordweste se streek-uitdaging bevorder.

“Dit sal ook ons laaste ligawedstryd wees, so die wedstryde gaan moeilik wees en die manne sal hard moet oefen en hulself goed voorberei vir die naweek,” sê Abrahams.

Volgens Abrahams word die Trawalians-span na afloop van Donderdag se oefening bekendgemaak.

Die B-span se wedstryd begin om 14:45 en die A-span se wedstryd skop om 16:00 af. Die Trawalians gaan om 11:00 vanaf die gemeenskapsaal op Klawer-Noord vertrek en vervoerkoste beloop R30 per persoon.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?