Trawalians meet kragte teen Majestic

Eerskomende Saterdag, 20 Mei, is dit weer tyd vir Trawalians om hul rugbystewels reg te kry want die span gaan gasheer speel vir die onoorwonne Majestic van Citrusdal. Dit sal plaasvind op Klawer-Noord se sportterein.

Die dag se wedstryde is as volg: die B-span se afskoptyd is 14:45 en die A-span begin om 16:00. Die toegangsfooie beloop R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Majestic-rugbyspan span is tans eerste op die gemeenskapskild en Trawalians beklee die tweede plek.

Gaan ondersteun jou gunsteling spanne teen die kantlyn want dit is beslis nie wedstryde wat jy wil misloop nie. Dit gaan ‘n aksiebelaaide dag wees van goeie rugby en goeie sportgees.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?