Trawalians klop Young Blues in riller van ’n wedstryd

Op Saterdag, 25 Maart, het die Trawalians en die Young Blues mekaar die stryd aangesê. Trawalians se A-span het ’n riller van ’n wedstryd teen die Young Blues se A-span gewen en Young Blues se B-span het die B-span van Trawalians geklop.

Die tellings was as volg: Trawalians B-span: 10 (2 drieë) – Young Blues B-span: 14 (2 verdoelde drieë). Trawalians A-span: 45 (7 drieë) – Young Blues A-span: 39 (5 drieë). Dit was strawwe wedstryde, maar al die spelers het hul beste gegee.

Baie geluk aan albei spanne en dat julle so ’n goeie sportgees gehad het.

Bron: Willy Abrahams

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?