Sussex Krieketklub oordonder Paternoster-span

Sussex Krieketklub het op Saterdag, 26 Januarie 2019, teen Paternoster se klub kragte gemeet. Paternoster het die loot  gewen en Sussex het die voorreg gegee om eerse te kolf. Dié span se kolwers het ’n uitdagende tyd op die kolfblad gehad, maar dit was maar die begin en nie die einde nie!

Sussex kolwers het slegs 185/9 in 50 boulbeurte aangeteken en het ’n moeilike tyd onder Paternoster boulers gehad. Paternoster het die kolfblad betree, maar is 42 boulbeurte uit geboul vir 129 lopies. Sussex het duidelik nie slap gelê nie en het Paternoster van hulle eie medisyne gegee: Elrico Zass 4/28 in beurte, Geshen Jacobs 3/26 in 10 beurte, Anthony van Zyl 1/23 in 9 beurte, Elroy Love 1/34 in 8 beurte en Jayton Jansen 1/8 in 1.4 beurte. Sussex het uiteindelik hul tweede rondte vir die jaar met 57 lopies gewen!

Sussex gaan die komende naweek kragte meet teen twee onderskeie spanne; Saterdag, 2 Februarie teen Porteville en Sondag, 3 Februarie teen Piketberg.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?