Sussex-krieketklub hou eindseisoen-funksie

Die Sussex-krieketklub van Doringbaai het onlangs hul eindseisoen-funksie aangebied waar die klub se uitblinkerspelers vereer is. Spesiale gelukwensings het aan Anthony van Zyl en Elroy Love gegaan omdat hulle hul tiende seisoen vir Sussex gespeel het. Hulle word geprys vir hul eersteklas vertonings en hul uitstekende bydrae tot die gehalte van die klub se spel.

Verdere toekennings het aan die volgende spelers gegaan:

Veldwerker van die seisoen: Romano Pietersen
Junior speler van die seisoen: Conlee Gall
T20 speler van die seisoen: Anthony Van Zyl
Kolwer van die seisoen: Maxwell Smith
Bouler van die seisoen: Enrico Zass
Speler van die seisoen: Maxwell Smith

Die klub is dankbaar vir die Here se genade wat hulle telkens veilig op die pad bewaar het wanneer hulle naweek na naweek op pad na wedstyde was. Die bestuur bedank ook al hul ondersteuners, die persone wat hul voertuie beskikbaar gestel het en almal wat betrokke was by die reëlings van die funksie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?