Sussex-krieketklub getroef deur Piketberg

Sussex-krieketklub van Doringbaai het Saterdag teen Piketberg-rieketklub op Piketberg kragte gemeet. Die liga-bepaler was ’n onvoorspelbare stryd vir beide spanne, maar daar kon slegs een span die die stryd wen.

Sussex het eerste gekolf en het ’n goeie totaal van 227/8 in 50 boulbeurte behaal. Die kolwers het hulle goed van hul taak gekwyt met Maxwell Smith (74), Dalian Fredericks (24), Marquine Van Zyl (56) en Enrico Sass (16). Die goeie boulwerk van Piketberg het Sussex se kolwers min ruimte gegee om hul tyd op die krieketblad te benut.

Sussex se boulers het nie slapgelê toe dit hul beurt was om Piketberg ’n les te leer nie. Piketberg was vroeg in die moeilikheid met ’n telling van 18/2. Piketberg se kolwers het hard teruggeveg en het Sussex benoud gehad met hul goeie lopietempo. Die vennootskap van Piketberg se W. Skippers en D. Stevens het Sussex op die punte van hul tone gehad. Dié twee het altesame 155 lopies mekaar vir hul span ingesamel. Piketberg het hul wenlopies 228/5 in 47 boulbeurte aangeteken

Die Sussex-krieketklub prys Piketberg vir hul goeie spel en die goeie gees waarin die wedstryd gespeel is.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?