Streeksuitdaging tussen Trawal en Young Roslins

Die tweede laaste wedstryd van Ebenhaeser se Young Roslins en Trawal se Trawalians was ’n taai tameletjie! Albei spanne het gespeel vir ’n goeie posisie op die streek se punteleer.

Die twee spanne ken mekaar al te goed en niemand weet ooit wie as die wenners sal weg stap van ’n wedstryd nie. Beide spanne het uitblinker-spelers op die veld gehad wat met al hul mag nie die bal uit hul vingers wou laat glip nie. Ongelukkig kon daar net een wenner wees en die Young Trawalians het met 43-22 op tuisgrond gewen. Albei spanne het hul waardering vir mekaar se sportmanskap op sosiale media bekend gemaak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?