Sportdag op Vredendal

 

Vredendal-rugbyklub hou môre ’n sportdag op die dorp Vredendal se sportterrein. Talle spanne van die streek gaan deelneem: Vredendal, Nuwerus, Klawer se Rooibulle, Citrusdal, Rawsonville, Porterville en die WP se dowe span.

Maar toeskouers gaan nie net deur die rugby vermaak word nie, daar gaan ’n springkasteel vir die kinders wees en daar gaan musiek gespeel word om die gees van die spelers en die toeskouers hoog te hou.

Daar gaan ook vyf braailosies wees wat gehuur kan word vir die dag. Die losie sluit in: ’n afgebakende area met n gazebo, ’n braaidrom, hout, vuuraansteker, gratis ys en agt stoele vir die hele dag. Meer inligting oor die braailosies is beskikbaar by Willie Geldenhuys. Kontak hom gerus as jy ’n losie vir jou en jou gesin of vriende wil bespreek by: 082 453 3303.

Baie sterkte aan al die spanne wat gaan deelneem aan hierdie sportdag. Ons hoop ook die spelers en toeskouers geniet hulle gate uit.

Bron: Bernardt Barnard, afrigter van Vredendal-rugbyklub

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?