Sosiale krieketspanne genooi na toernooi op Villiersdorp

Die Villiersdorp sosiale klub nooi al die krieketspanne van die sosiale liga in die Matzikama om aan die Garden Gnome ses-aan-’n-kant-uitdaging te kom deelneem. Die toernooi vind plaas op Saterdag, 25 Februarie.

Daar is ’n inskrywingsfooi van R1200 per span, wat ’n middagete vir elke span insluit. Die dag se verrigtinge begin om 08:30 en as alles volgens skedule verloop, sal die toernooi om 19:00 eindig.

Die pryse sluit in: R2500 vir die span wat die toernooi wen en R1200 vir die tweede plek. Dit is inderdaad ’n geleentheid vir die spanne in ons omgewing om hul merk te maak in die liga en om hul naam op die lys te kry van spanne wat hierdie toernooi al in die verlede gewen het.

Bron: Nicolas Wickens, speler van Lutzville Greenbats.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?