Sosiale krieket vanaand op Lutzville

Die sosiale krieketliga speel vanaand en môre-aand nog wedstryde. Vanaand se wedstryd is op Lutzville se skouterrein waar die Greenbats en Matzikama-munisipaliteit se krieketspanne mekaar gaan takel in ’n wedstryd van twintig boulbeurte vir elke span.

 

Daar gaan ’n kontantkroeg wees asook ’n lekker braai en saamkuier na die tyd. Kom geniet die sport saam met ons, jy sal nie spyt wees nie.

 

Bron : Kallie Carstens, Greenbats-spanbestuurder

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?