Sosiale krieket nog sterk aan die gang

Die sosiale krieket in die omgewing is nog sterk aan die gang met ’n paar wedstryde wat nog moet kom. Vandeesweek gaan daar ook ’n paar wedstryde op Lutzville en Vredendal wees.

Môre verwelkom die Greenbats van Lutzville vir Matzikama van Vredendal. Die wedstryd begin om 18:00 en kan tot 21:00 of later duur.

Ons wens baie sterkte toe aan al die manne wat gaan speel en ons hoop die toeskouers geniet die wedstryd. Mag die beste span wen !

Bron : Ruben Agenbach, speler van die Lutzville Greenbats.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?