Skenking vir Vineyards-krieketklub

Plaaslike krieketklub, Vineyards, is ’n span wat deurgaans goeie krieket speel. Hul ambisie, harde werk en dissipline word deur vele ondersteuners bewonder. Die dinamiese spel wat die span deurlopend op die krieketveld agterlaat kom nie maklik nie, maar met pligsgetroue spelers wat hard oefen om sukses te behaal. Dit is hoekom die span dankbaar is vir die skenking vir oefenballe van Body Fuel Express in Vredendal

Die dinaniese krieketspan neem op Saterdag, 9 Februarie deel aan die T20 wat op Darling gespeel gaan word. Die span is beslis nou, veral met die skenking van die balle, opgewarm vir die naweek se spel.

Op die foto is speler vir die krieketklub, Davan Flink, en Johan, die bestuurder by van Body Fuel Express.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?