Seun van Lutzville blink uit, op pad na Indië

Francois Steyn het onlangs die geleentheid gehad om deel te neem aan ’n krieketbyeenkoms op Worcester waar agttien spanne van verskillende skole teen mekaar gespeel het. Dit was ’n warm dag, maar dit het nie die deelnemers se doelgerigtheid gedemp nie.

Die toernooi is gehou vir o.14-leerders wat hul talente kon blootstel en wys wat hulle met ’n kolf kon verrig. Die toernooi het bestaan uit sewe wedstryde en Francois is aan die einde gekies om in Indië te gaan speel. Die toernooi in Indië vind plaas van 2 April tot 12 April.

Sy ouers is baie trots oor sy prestasie en hyself kan nie wag om te gaan nie. Daar lê ’n blink toekoms voor vir dié jong seun.

Bron: Stiaan Steyn

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?