Saterdag is dit Invincible RFC teen Citrusdal

Eerskomende Saterdag is dit weer tyd vir die manne van Invincible RFC om reg te maak vir nog ’n dag van aksie en pret.

 

Dié keer gaan Invincible RFC gasheer speel vir die manne van Citrusdal-rugbyklub. Die wedstryde gaan plaasvind op Vredendal-Noord se sportterein. Die afskoptye van die wedstryde is as volg: B-span begin om 14:45 en die A-span begin om 16:00. Die toegangsfooie is R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Daar sal ook heerlike verversings te koop wees.

 

Maak seker om nie die dag te mis nie. Gaan ondersteun jou gunsteling spanne en geniet ook die dag saam met familie en vriende langs die kantlyn.
Bron: Invincible RFC, Facebook-blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?