Rugbyliga weer aan die gang

Eerskomende Saterdag gaan gemoedere weer hoog loop wanneer die twee rugbyspanne van Excelsiors-rugbyklub en Invincibles RFC kragte gaan meet. Die dag se verrigtinge vind plaas op die sportterrein in Klawer-Noord, oftewel Afghanistan, soos dit bekend staan onder baie Klawer-ondersteuners.

Dit gaan beslis ’n dag vol hope pret en aksie wees. Die spanne se ondersteuners staan bankvas agter hulle. Mag die spanne en die toeskouers die spel geniet en mag die beste spanne die dag se wedstryde wen.

Afskoptye is as volg: Die C-spanne begin 13:30, die B-spanne gaan om 14:45 afskop en die A-spanne se wedstryd begin om 16:00. Die toegangsfooie is R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Daar sal ook verversings te koop wees.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?