Rugbyliga-wedstryde sorg vir groot opwinding

Op Saterdag, 1 September is daar ’n hele paar lekker ligawedstryde in die Matzikama- en Cederberg-streek gespeel wat gesorg het vir groot opwinding en naelbyt-oomblikke langs die rugbyveld.

Young Spurs van Doringbaai het manne in swart en wit van Invincible RVK, span van Vredendal op hul tuiste verwelkom. Excelsiors RVK van Klawer het na Elandsbaai waar hulle kragte gemeet het teen Elandsbaai RVK. Eagles van Vanrhynsdorp het na Citrusdal gereis waar hulle kragte gemeet het teen Lemoene van Citrusdal. Hier is ’n paar hoogtepunte van die wedstryde:

Young Spurs teen Invincible RVK:

Soos altyd het die swart en oranje (Young Spurs) vroeg toegeslaan. Skitterende spel deur hul senter paar, Patricio Lokkie Frisley en Xavier Swartbooi, veroorsaak 2 drieë wat Xavier druk. Die jongman beleef tans ’n goeie seisoen op 13. Ten spyte van die terugslag het die swartes (Invincible RVK) mooi teruggeveg, maar kon net nie by hou by die Krewe nie.

Geluk Krewe, komende Saterdag sal jul weer moet opdis as julle te staan kom teen die Arende (Eagles) op Vanrhynsdorp.

Die uitslae is as volg:

Young Spurs se A-span klop hul teenstanders met 31-20. Geen puntemakers van Young Spurs A, B en C-span is aangeteken nie.

Invincible RVK se puntemakers is as volg: drieë – Allistair Engelbrecht en Dillan van Zyl. Edwin Maarman sorg vir twee stel -en twee straskoppe.

Young Spurs se B-span verloor teen swartes met 0-10. Die B-span van Invincible RVK se puntemakers: drieë – Ashwin Oortman. Cameron Cloete verdoel een strafskop asook een stelskop.

Die C-span van Young Spurs klop Invincible RVK met 22-5. Swartes se puntemakers: drieë – Charlton Cloete.

Excelsiors RVK teen Elandsbaai RVK

Die troepe van Afghanistan (Excelsiors) taamlik eksperimenteer met jong soldate. Van hul het goed gevaar, van hul het sleg gevaar en ’n paar staan nog op die wal en het glad nie gevaar nie. Excelsiors het die bal baie rondgeswaai om die jong latte geleentheid te gee om te hardloop, Brandon Erasmus op die vleuel het uitsekend gevaar. Elandsbaai se voorspelerspel het baie beïndruk en die slot, Taylor, was die gevaarman met goeie meters op die park.

Die uitslae van Excelsiors en Elandsbaai:

Excelsiors se A-span klop hul teenstanders met  20 – 13. Excelsiors se puntemakers: Brandon Erasmus verdoel twee strafdrieë. Graem Fortuin sorg vir een doelskop asook een strafskop.

Die B-span van Excelsiors klop Elandsbaai met 17-0. Excelsiors se puntemakers: drieë – Malcolm Cloete, Marius Maerman en Cameron Flink. Melvin Boks het een doelskop verdoel.

Geen C-span puntemakers van Excelsiors is aangedui nie.

Eagles teen Citrusdal Lemoene:

Die Lemoene was behoorlik soet die naweek op Citrusdal, soveel so dat die Arende nie hoog kon vlieg nie maar laag in die boorde gelê het. Die Arende se vaste fasette was goed, maar die verdediging van die tuisspan was uitstekend. Die Arende het gesukkel om verdediging te klop. Lemoene se agterlyn-aanvalle wat hulle geloods het, was baie gevaarlik, Durell Lukas was aan die spits van die aanvalle. Vanrhynsdorp se Arende sal nie nog ’n verloorslag wil hê voor hul in die top 12 gaan meeding nie, wen-momentum is van kardinale belang. So komende naweek op Eagle Park sal hulle hard terugkom. Geluk Citrusdal met julle 23-13 oorwinning teen Eagles.

Hierdie wedstryde het beslis gesorg vir naelbyt-oomblikke tussen die spelers en die ondersteuners.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?