Rugbyliga sorg vir naelbyt-oomblikke

Op 18 Augustus is daar ’n hele paar lekker ligawedstryde in die Matzikama- en Cederberg-streek gespeel wat gesorg het vir groot opwinding en naelbyt-oomblikke langs die rugbyveld.

Die manne van Vanrhynsdorp Eagles het na Vredendal gereis waar hulle kragte gemeet het teen die manne in swart en wit, Invincible RVK van Vredendal. Ondersteuners het bygedra tot die opwinding van die dag. Hier is ’n paar hoogtepunte van die wedstryde:

Die A-spanne was goed opgeweeg in al die fasette van die wedstryd. Anthony Linnert van Eagles en Edwin Maarman van Invincible RVK het beide hul spanne in die wedstryd gehou met akkurate stelskoppe. Die verskil was egter aangebring met ’n skepskop deur Abel Cloete, wat vir die tweede keer dié jaar die A-span van Invincile RVK met ’n skepskop sink.

Spelers wat uitgeblink het vir Eagles was hul kaptein Anthony Linnert, Abel Cloete en Marius Ockhuis. In die Invincible RVK kamp was hul flanke JP Nortje, Boetie Engelbrecht en Edwin Maarman ook van die wat uitgeblink het.

Die uitslae van die wedstryd tussen Eagles en Invincible RVK is as volg:

Eagles se A-span klop hul teenstanders met 32-31. Eagles se A-span puntemakers: drieë – Llewellyne Hahn en Marius Ockhuis. Anthony Linnert verdoel twee stelskoppe en vyf strafskoppe. Adrian Cloete het ook gesorg vir een skepdoel.

Puntemakers van Invincible RVK: drieë – Elmo Thomas, Keanu Don en Dimitri Isaks. Edwin Maarman het gesorg vir twee stelskoppe en vier strafskoppe.

Die B-span van Eagles verloor teen Invincible RVK met 18-17. Geen puntemakers van Eagles is bekend gemaak nie.

Invincible RVK puntemakers: drieë – Heinz Schmidt en Boltwin Adonis. Cameron Cloete het hierdie keer gesorg vir een stelskop en twee strafskoppe.

Eagles se C-span klop Swartes met 7-5. Geen puntemakers van Eagles se C-span is aangedui nie.

Invincible RVK puntemakers: Valentino Pedro.

Hierdie wedstryde het beslis gesorg vir naelbyt-oomblikke tussen die spelers en die ondersteuners.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?