Rugbydag op Citrusdal

Hierdie naweek gaan Citrusdal ’n rugbydag aanbied vir talle spanne in die Wes-Kaap. Dit gaan plaasvind by die Citrusdal-sportterrein en almal is welkom.

Die spanne wat gaan deelneem is: Citrusdal, Klawer Rooibulle, Porterville se A- en B-span, Nuwerus se A- en B-span, Porterville se A- en B-span, Rawsonville en twee Argentynse toerspanne.

Die toegangsfooi is R10 vir volwassenes, R15 per voertuig en dit is gratis vir kinders onder 15 jaar oud. Daar sal kosstalletjies en ’n kontantkroeg beskikbaar wees.

Die Citrusdal-rugbyklub nooi almal om te kom rugby kyk, bring jou vriende en familie, want enigiemand is welkom om ’n toeskouer te wees by dié rugbydag.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?