Rugby het almal aan die gons

Die afgelope Saterdag, 22 September het die plaaslike rugbyspanne weer ondersteuners aan die gons gehad met positiewe asook minder goeie resultate.

Vredendal Invincibles het deelgeneem aan ’n opwindende spelprogram op Lambertsbaai. Hier het hulle in die hoofwedstryd van die dag teen die tuisspan Marines RFC gespeel. Die tuisspan moes dus die resultate van die spel aanvaar toe Invincibles net-net oorwin het met ’n telling van 24-26 in hul guns.  

Op Ebenhaeser het tuisspan Young Roslins teen Citrusdal se Young Diggers koppe gestamp. Die tuisspan het hard probeer om hul ondersteuners nie teleur te stel nie, maar Young Diggers het nie verniet so ver gereis om te verloor nie. Young Diggers het gewen met ’n telling van 21-29. Die lang verwagte spel tussen Trawalians en Aurora het dus nie gebeur nie.

Op die foto is Marines hard op die aanval op Invincibles.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?