Rangers FC dring deur na provinsiale Nedbankbeker-sokkertoernooi

Die Rangers FC-sokkerspan van Koekenaap het op Sondag, 2 Julie, aan die SAFA Weskus Nedbankbeker-kompetisie deelgeneem op Vredendal-Noord se sportterrein.

Die top vier spanne van MALFA wat deelgeneem aan die kompetisie is:
Rangers FC
Arrows FC
Mustang FC
Vredendal FC.

Die uitslae van die wedstryde is as volg: Rangers het teen Arrows gespeel en het die wedstryd met 4-1 teen Arrows gewen. Mustang en Vredendal FC het kragte gemeet en daardie wedstryd het 2 – 1 in Mustang se guns geëindig. Rangers FC en Mustang FC het die finale wedstryd gespeel en Rangers het Mustang FC met 5 – 2 geklop.

Rangers gaan aan die provinsiale Nedbankbeker-kompetisie deelneem as wenners van die SAFA Weskusstreek.

Die datum en plek van die provinsiale wedstryde is nog nie bekend. Baie geluk aan Rangers FC met jul oorwinning en sterkte met die voorbereidings vir julle volgende wedstryd.

Bron: Corneels Pieters

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?