Plaaslike netbalspan verteenwoordig streek by Cape Town 10’s

Die Rooibos-netbalspan het vanjaar weer deel geneem aan die Cape Town 10’s-sporttoernooi by die Hamiltons Rugbyklub in Groenpunt. Hulle het onder die naam Wild Tribe aan die toernooi deelgeneem en ook daarvolgens aangetrek.

Die toernooi vind jaarliks plaas gedurende die eerste naweek in Februarie. Hier word netbal, sokker, rugby, strandvlugbal en ‘dodgeball’ gespeel. Die spanne bestaan uit 10 lede en elke span trek kleurvolle en kreatiewe uitrustings aan. Die Wild Tribe het ses wedstryde gespeel waarvan hulle in die liga-afdeling besonders goed gevaar het met tellings van 15-6, 24-1, 22-5, 13-5 en 17-9. Hulle is deur na die semi-finaal maar moes tevrede wees met derde plek met ’n telling van 16-18.

Die Wild Tribe is dankbaar vir die ondersteuning wat hulle ontvang het, asook die spanborg, Rooibos, wat hul deelname aan die toernooi moontlik gemaak het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?