Plaaslike atlete neem deel aan Impi 2019

Nel de Villiers en Christo du Preez het op Saterdag, 6 April, aan die Impi Challenge op Stellenbosch deelgeneem. Die uitdaging is beskryf as prettig en toeganklik vir enige persone wat dapper en fiks genoeg was om daaraan deel te neem.

Daar was twee uitdagings waaraan persone kon deelneem. Hierdie twee uitdagings het verskil in kilometers en die hoeveelheid mensgemaakte strukture wat oorkom moes word. Daar was die 5 km Dash met 12 uitdagings om te oorkom en die 12 km Challenge wat 18 uitdagings in totaal gehad het. Deelnemers moes swem, draf, klim, deur modder beweeg en die eindstreep kan behaal sonder om hul gesondheid in gevaar te stel. De Villiers en Du Preez het die uitdagings triomfantelik voltooi.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?