Onverdraaglike afwagting vir naweek vol liga-rugby

Op Saterdag, 15 September is daar weer groot dinge te wagte vir die afsluiting van Boland-ligarugby vir Klawer se Excelsiors en Vredendal se Invincibles. Saterdag gaan beslis toegeskryf word aan rugby alleen, omdat ook die Springbokke teen die All Blacks gaan kragte meet in Nieu-Seeland.

Die wedstryd tussen Excelsiors en Citrusdal is vir beide spanne baie belangrik omdat hul liga-posisies op die spel is. Indien die guns in Excelsiors se kamp is wat sewende op die punteleer is, en hulle 5 punte die naweek verower kan hulle bo Citrusdal op die punteleer eindig. Sou Citrusdal wen, dan kan hulle bo Lambertsbaai se Marines die vyfde posisie op die punteleer inneem. Die wedstryd vind plaas in op Excelsiors se tuisgronde. Getroue aanhangers van die span glo dat die spangees op tuisgrond Citrusdal gaan oordonder en dat hulle nie ’n kat se kans staan om Excelsiors verby te steek nie.

Invincibles wat vierde op die punteleer lê, maak ook gereed om die Marines se besoek op tuisgrond so vlugtig moontlik te maak. Die wedstryd gaan ’n stryd wees van eer en gaan opgedra word aan die ontslape Stehan “Big Samo” Arendse wat sowat ’n week gelede in ’n motorongeluk omgekom het. Die span sal beslis Stehan se goeie bal hanteringsvernuf en digte verdediging op die rugbyveld mis. Menige rugby aanhangers moet maar wag vir die naweek vol opwinding. Mag die beste spanne wen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?