Old Mutual gholfdag ’n reuse-sukses

Die afgelope naweek se gholfdag op Lutzville se gholfbaan was ’n absolute sukses. Old Mutual het hierdie sportdag geborg – dit was ’n fondsinsameling vir minder bevoorregte kinders wat aan sport wil deelneem en om kinders te borg wat goeie prestasies in sport behaal het.

Ons kan met eerlikheid sê dat die dag ’n reuse-sukses was. ’n Groot aantal mense het deelgeneem en ’n aansienlike bedrag is ingesamel. Ons sê baie dankie aan almal wat gehelp het om die gholfdag te reël, asook vir Old Mutual wat die borg was van hierdie suksesvolle dag. Julle almal het uitmuntende werk gedoen!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?