NWB-rugbyliga gekanselleer

Rugby is een van die gewildste sportsoorte in die Matzikama- en Ceberberg-streek. Rugbyspelers en ondersteuners het uitgesien na die amptelike Noordwes-Boland rugbyliga wat op Saterdag, 10 Maart sou afskop, maar as gevolg van omstandighede buite die Boland-rugbyunie se beheer is die rugbyliga gekanselleer.  

Die rede hiervoor is omdat die munisipaliteite van Swartland en Drakenstein hul sportgeriewe gesluit het omdat dit nie bruikbaar is nie en om verdere beskadiging van hul velde te voorkom.

Die bestuur van die Boland-rugbyunie sal weekliks die situasie monitor saam met die verskeie munisipaliteite en besluit of die rugbyliga kan voortgaan of nie maar die rugbyspanne in die Matzikama-streek sit nie stil nie.

Hulle gaan steeds voort met oefenwedstryde om hulself voor te berei vir die rugbyliga. Invincible RVK het die naweek vriendskaplike wedstryde teen Velddrif-rugbyklub gespeel op Vredendal-Noord se sportterrein. Dit was inderdaad harde wedstryde en Velddrif-rugbyklub het gewys hulle het nie verniet so ver gereis nie. Die manne het hul teenstanders behoorlik vernietig.

Die uitslae van die wedstryde is as volg:

  • Velddrif rugbyklub se A-span klop Invincible RVK met 64-12
  • Velddrif B-span klop Invincible B-span met 10-7
  • C-span van Velddrif klop C-span van Invincible met 26-0

Hou die verskeie rugbyklubs se sosiale media dop vir meer inligting oor wanneer die rugbyliga gaan afskop!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?